|
Tuisblad
StoetMeester en Iris (Stamboek)
elektroniese kommunikasie
Doel
Verduidelik die stappe om geboortes en massas elektronies
na Stamboek (Iris) te versend en die resultate daarvan elektronies terug
te ontvang.
Publikasiedatum
Weergawe
Hierdie dokument het betrekking op StoetMeester weergawe
4.4a(22).
Inhoud
Vooraf
Stappe op StoetMeester op te stel vir elektroniese
versending en ontvangs van data.
Raskeuse
Aangesien StoetMeester twee formate kan hanteer, naamlik
SA Stamboek (Iris) en Breedplan, moet eerstens in StoetMeester ‘n
aanduiding gegee word in watter formaat die data voorberei moet word.
-
Gaan na Funksie HAA – Geregistreerde Adres in StoetMeester.
-
Die Breedplan Raskode vraag moet blanko of leeg wees. ‘n Blanko
Breedplan raskode beteken outomaties data voorberei gaan word in die Iris
(SA Stamboek) formaat. Andersins moet ‘n Breedplan raskode ingevul word
indien die data in die Breedplan formaat voorberei moet word.
Bergingsplek
Elektroniese versending van data vind plaas deurdat ‘n
lêer in ‘n sekere ooreengekome formaat voorberei en aan Iris versend word.
Sodra StoetMeester die opdrag ontvang om data elektronies te versend, word
‘n lêer voorberei wat dan iewers geberg moet word tot en met versending.
Hierdie stappe sê aan StoetMeester waar hierdie lêer geberg moet word.
-
Gaan na Funksie HAL – Epos subgids.
-
Tik C:\EMAIL en druk Enter. ‘n Subgids met die naam EMAIL sal nou op u
rekenaar se C: hardeskyf geskep word waarin alle lêers rakende
elektroniese kommunikasie geberg sal word.
Epos Adres
Elektroniese versending van data vind gewoonlik plaas d.m.v. internet se
epos fasiliteit. Met hierdie stappe word die epos adres waarheen die data
gestuur moet word bewaar. Nota: U rekenaar se internet epos program moet reeds in werking wees
wanneer u data elektronies wil versend of ontvang. Hierdie stappe stel net
die epos fasiliteite in StoetMeester op en nie die epos program se werking
op u rekenaar nie.
-
Gaan na Funksie HAM – Epos adres.
-
Tik edata@studbook.co.za en druk Enter. Alhoewel die adres hier bewaar
word, kry u weer later geleentheid om die adres waarheen data gestuur moet
word te voorsien.
Bokant
Inhoudsopgawe
Versending van Geboortes
Stappe om geboortekennisgewings van nuutgebore kalwers aan
Stamboek elektronies te versend.
Vooraf
Nuwe geboortes moet reeds aangeteken wees met Funksie AD – Bewaar
Nuutgebore Kalwers.
Stappe
-
Kies Funksie AG – Geboortekennisgewings.
-
Kies die diere waarvoor geboorteskennis gegee moet word.
-
Druk Alt_F Elektroniese Geboortekennisgewing.
-
Kies B – Pos Elektronies.
-
Indien geboortes voorheen elektronies versend was, sal ‘n vraag nou
gevra word of die vorige groep elektroniese geboortes eers geskrap moet
word. Antwoord [J]a. Indien u [N]ee antwoord, sal hierdie nuwe
geboortes by die lys van vorige geboortes gevoeg word, waarna almal saam
versend sal word.
-
U epos program se versendskerm vir nuwe eposse sal nou vertoon word met
alle relevante data reeds ingevul. Die skerm word vertoon sodat uself
veranderinge daarop kan aanbring indien benodig. Sien voorbeeld hiernaas.

-
Kies Send. U epos sal nou in u epos program se Outbox geplaas
word vir versending.
-
Wanneer u klaar in StoetMeester gewerk het, aktiveer u epos program,
koppel aan internet en kies Send/Recv om die epos af te lewer.
Bokant
Inhoudsopgawe
Ontvangs van Registrasienommers
Stappe om registrasienommers van nuutgeregistreerde diere elektronies te
ontvang en te bewaar in StoetMeester.
Vooraf
U moet eenmaal met SA Stamboek skakel om u kudde as elektroniese kudde te
registreer en toegang te verkry tot die Logix webblad.
Belangrik
Slegs diere waarvan die ID nommers voldoen aan die voorgestelde
StoetMeester formaat nl. KKKJJ-VVV byvoorbleeld AVR06-003 sal elektronies
gelees kan word.
Doel
Die doel van hierdie stappe is om rekenaarnommers wat aan diere toegeken
word a.g.v. nuwe kalfgeboortes, elektronies in StoetMeester in te lees en
by elke dier te bewaar. Heelwat tyd kan hierdeur bespaar word omdat
rekenaarnommers nie by elke nuwe kalf ingetik moet word nie.
Datalêers met elektroniese rekenaarnommers word op twee maniere verkry
word nadat nuwe kalfgeboortes elektronies aangeteken is:
Stappe om lêer te verkry vanaf Logix
-
Skakel in op die https://logix.org.za webblad van S.A. Stamboek d.m.v.
internet.
-
Kies Boosdkappe vanaf die menu. ‘n Lys van boodskapdatums sal vertoon
word. Elkeen van hierdie boodskapdatums sal waarskynlik ‘n lêer bevat met
rekenaarnommers of prestasietoetsresultate. Kies een.
-
‘n Boodskapskerm sal nou vertoon met Attachments of aanhangsels. Sien
volgende voorbeeld. Dit is hierdie lêer (sien swart pyl) wat gekopieer moet word na jou
persoonlike
rekenaar vanwaar dit in StoetMeester ingelees word.

-
Klik op die lêer om die aflaaiproses te begin. A skerm sal vertoon
vanwaar jy kan kies om die lêer te “Open” of te “Save”. Kies Save.
-
‘n Nuwe
Save As skerm sal nou vertoon wat wil weet waar die lêer wat
afgelaai gaan word, gestoor moet word. Hierdie is ‘n krities belangrike
stap anders weet StoetMeester nie vanwaar om die lêer te lees nie.
-
Verwys die Save in vraag
(Sien groen pyl) na die EMAIL subgids wat jy geskep het
hierbo. Om dit te doen, kies eers Local Disk C: en daarna
die geel EMAIL subgids (folder) wat in die groter venster vertoon word.
-
Verander nou die lêernaam (Sien
rooi pyl) na iets meer verstaanbaar. Die lêernaam mag nie
meer as 8 karakters lank wees nie en die .CSV agtervoegsel tel nie. Ek
stel iets voor soos B070502.CSV. Vir my sal hierdie lêernaam byvoorbeeld
beteken dat hierdie lêer geboorte registrasienommers bevat en geskep was
op 2 Mei 2007, en vandaar die B vooraf en die datum in die lêernaam. Die skerm behoort as volg daar uit te sien:

-
Klik Save om die lêer B070502.CSV (slegs
voorbeeld) in die C:\EMAIL subgids op jou
rekenaar se hardeskyf te bewaar.
-
Sodra die lêer bewaar of gestoor is, kan jy alle oop vensters toemaak
en StoetMeester aktiveer sodat die laaste stappe om die data in te lees
gedoen word.
Stappe om lêer te verkry vanaf epos
-
Open die epos boodskap ontvang vanaf S.A. Stamboek.
-
Indien data terug ontvang is vanaf SA Stamboek se Iris stelsel, sal die
epos boodskap vertoon dat ‘n lêer Attach is. Hierdie lêernaam lyk
gewoonlik iets soos Birth_05672548BON_20070525174523.CSV, maar kan wissel
na gelang van teler en datum en tyd voorberei.
-
Regsklik op die lêer en kies Save As..
-
Volg nou
dieselfde stappe as 5
tot 9 hierbo om die lêer 'n ander naam te gee en na jou rekenaar se
C:\EMAIL subgids te stuur vanwaar
StoetMeester dit kan lees.
Stappe om
lêer te lees in StoetMeester
-
Aktiveer StoetMeester.
-
Kies Funksie AI – Lees Registrasienommers.
-
'n Venster sal nou vertoon met al die lêers in die
C:\EMAIL subgids met die nuutste lêer
eerste op die lys. Die lêer wat u in bogenoemde stappe gestoor het,
behoort een van die eerstes op die lys te wees.
-
Verlig en kies die lêer wat ingelees moet word.
-
Die registrasienommers van aangetekende geboortes sal nou gelees en by
elke dier bewaar word.
-
Indien van die diere nie gelees kan word nie, sal ‘n boodskap as sulks
vertoon word. Druk gerus ‘n lys van ongeleesde diere en gebruik dit om die
probleemdiere se rekenaarnommers per hand te voltooi.
Bokant
Inhoudsopgawe
Versending van massas
Stappe om massas vir prestasietoetsdoeleindes aan
S.A. Stamboek elektronies te versend.
Vooraf
Diere moet reeds geweeg en massas klaar in StoetMeester bewaar wees.
Hierdie funksie gebruik slegs die roudata vir versending. Dit maak dus nie
saak of u in StoetMeester indekse bereken het of nie.
Stappe
-
Kies Funksie BE – INDEKS Amptelike verslag.
-
Kies die diere en ouderdomsgroep waarvan massas
weggestuur moet word.
-
Beantwoord die standaardvrae. Onthou asseblief dat
toetsjaar die volledige jaar moet wees soos 2007, en nie net 07 nie.
Onthou ook dat slegs diere met massas en registrasienommers versend kan
word. Gekose diere sal nou vertoon word.
-
Druk Alt_F Versend Elektronies
-
Kies B – Pos Elektronies.
-
Indien massas voorheen elektronies versend was, sal ‘n vraag nou
gevra word of die vorige groep elektroniese massas eers geskrap moet
word. Antwoord [J]a. Indien u [N]ee antwoord, sal hierdie nuwe
massas by die lys van vorige massas gevoeg word, waarna almal saam
versend sal word.
-
U epos program se versendskerm vir nuwe eposse sal nou vertoon word met
alle relevante data reeds ingevul. Die skerm word vertoon sodat uself
veranderinge daarop kan aanbring indien benodig.
'n Skerm soortgelyk aan die
voorbeeld by die versending van geboortes word vertoon.
-
Kies Send. U epos sal nou in u epos program se Outbox geplaas
word vir versending.
-
Wanneer u klaar in StoetMeester gewerk het, aktiveer u epos program,
koppel aan internet en kies Send/Recv om die epos af te lewer.
Bokant
Inhoudsopgawe
Ontvangs van
amptelike prestasiedata
Stappe om amptelike verwerkte prestasiedata elektronies te
ontvang en te bewaar in StoetMeester.
Vooraf
U moet eenmaal met SA Stamboek skakel om u kudde as elektroniese kudde te
registreer en toegang te verkry tot die Logix webblad.
Belangrik
Inlees van hierdie data is afhanklik van elke dier se
rekenaarnommer. Indien 'n dier nie 'n rekenaarnommer het nie, kan daar nie
'n koppeling tussen die dier en die verwerkte prestasiedata plaasvind nie.
Gewoonlik is dit nie 'n probleem nie omdat die dier reeds 'n
rekenaarnommer gehad het toe die rou data aanvanklik weggestuur is.
Doel
Die doel van hierdie stappe is om amptelik verwerkte
prestasiedata by elke dier te stoor. Heelwat tyd kan hierdeur bespaar en
'n wete dat jou plaasdata presies ooreenstem met die amptelike data van
die dier by S.A. Stamboek.
Datalêers word op twee maniere verkry
word nadat massas elektronies ingedien is.
Stappe om lêer te verkry vanaf Logix
-
Skakel in op die https://logix.org.za webblad van S.A. Stamboek d.m.v.
internet.
-
Kies Boosdkappe vanaf die menu. ‘n Lys van boodskapdatums sal vertoon
word. Elkeen van hierdie boodskapdatums sal waarskynlik ‘n lêer bevat met
rekenaarnommers of prestasietoetsresultate. Kies een.
-
‘n Boodskapskerm sal nou vertoon met Attachments of aanhangsels. Sien
boodskap voorbeeldskerm
by geboortes. Dit is hierdie lêer (sien swart pyl) wat gekopieer moet word na jou
persoonlike rekenaar vanwaar dit in StoetMeester ingelees word en die
lêernaam sal gewoonliks iets soos
Beef_test_0324673BON_D11BON200601_20070506140523.CSV wees.
-
Klik op die lêer om die aflaaiproses te begin. A skerm sal vertoon
vanwaar jy kan kies om die lêer te “Open” of te “Save”. Kies Save.
-
‘n Nuwe
Save As skerm sal nou vertoon wat wil weet waar die lêer wat
afgelaai gaan word, gestoor moet word. Hierdie is ‘n krities belangrike
stap anders weet StoetMeester nie vanwaar om die lêer te lees nie.
-
Verwys die Save in vraag
(Sien groen pyl) (sien
voorbeeld van skerm by geboortes) na die EMAIL subgids wat jy geskep het
hierbo. Om dit te doen, kies eers Local Disk C: en daarna
die geel EMAIL subgids (folder) wat in die groter venster vertoon word.
-
Verander nou die lêernaam (Sien
rooi pyl) (sien
voorbeeld van skerm by geboortes) na iets meer verstaanbaar. Die lêernaam mag nie
meer as 8 karakters lank wees nie en die .CSV agtervoegsel tel nie. Ek
stel iets voor soos P070502.CSV. Vir my sal hierdie lêernaam byvoorbeeld
beteken dat hierdie lêer verwerkte prestasiedata bevat en geskep was
op 2 Mei 2007, en vandaar die P vooraf en die datum in die lêernaam.
-
Klik Save om die lêer P070502.CSV (slegs
voorbeeld) in die C:\EMAIL subgids op jou
rekenaar se hardeskyf te bewaar.
-
Sodra die lêer bewaar of gestoor is, kan jy alle oop vensters toemaak
en StoetMeester aktiveer sodat die laaste stappe om die data in te lees
gedoen word.
Stappe om lêer te verkry vanaf epos
-
Open die epos boodskap ontvang vanaf S.A. Stamboek.
-
Indien data terug ontvang is vanaf SA Stamboek se Iris stelsel, sal die
epos boodskap vertoon dat ‘n lêer Attach is. Hierdie lêernaam lyk
gewoonlik iets soos
Beef_test_0324673BON_D11BON200601_20070506140523.CSV, maar kan wissel
na gelang van teler en datum en tyd voorberei.
-
Regsklik op die lêer en kies Save As..
-
Volg nou dieselfde stappe as 5
tot 9 hierbo om die lêer 'n ander naam te gee en na jou rekenaar se
C:\EMAIL subgids te stuur vanwaar
StoetMeester dit kan lees.
Stappe om
lêer te lees in StoetMeester
-
Aktiveer StoetMeester.
-
Kies Funksie HGG – Iris prestasietoetsresultate.
-
'n Venster sal nou vertoon met al die lêers in die
C:\EMAIL subgids met die nuutste lêer
eerste op die lys. Die lêer wat u in bogenoemde stappe gestoor het,
behoort een van die eerstes op die lys te wees.
-
Verlig en kies die lêer wat ingelees moet word.
-
Die amptelik verwerkte prestasiedata nou gelees en by elke dier bewaar word.
-
Indien van die diere nie gelees kan word nie, sal ‘n boodskap as sulks
vertoon word. Druk gerus ‘n lys van ongeleesde diere en gebruik dit om die
probleemdiere per hand te voltooi.
Bokant
Inhoudsopgawe
|