|

inhoud
Inhoud van bladsy
voordele
Kernvoordele
Alle rasse
Hanteer alle Suid-Afrikaanse skaap- en bokrasse, insluitende kommersiële kuddes. Leer en gebruik dus een program vir al jou kuddes.
Verskeie datastelle
Open verskeie datastelle vir jou verskillende kuddes, al is hulle van verskillende rasse. Elke kudde se data word afsonderlik bewaar en hanteer.
Papierloos
Feitlik alle papierwerk word uitgeskakel, behalwe waar jy data by die kraal of in die veld versamel en selfs hier gebruik jy voorafgedrukte vorms. Al jou kuddedata is op een plek beskikbaar. Geen verdere gesoek deur boeke en kaarte om data van jou diere in die hande te bekom nie.
Tydbesparend
Gewoonlik neem dit ongeveer 800 karakters (letters en syfers) vir elke nuwe kalf om ‘n handgeskrewe stelsel op datum te hou. Met StoetMeester neem dit 80 drukke op die sleutelbord. Spandeer dus minder tyd aan rekordhouding en gebruik daardie tyd vir sinvolle seleksies.
Voorkom foute
Wanneer jy StoetMeester gebruik word jy gewys op datafoute terwyl jy met die data werk, en nie eers later wanneer die registrasie-owerheid vorms terugstuur vir herstelwerk nie. Die program sal byvoorbeeld sorg dat jy nie ‘n ram dek of ‘n ooi binne 100 dae na mekaar laat lam nie. Rekenaarnommers word ook outomaties opgesoek en gedruk, waarmee skryffoute uitgeskakel word.
Erkend
StoetMeester is bekend by feitlik alle Telersgenootskappe, S.A. Stamboek, Landbou Navorsingsraad (LNR), NSV en Zimbabwe Stamboek. Ons bly in voeling met alle betrokkenes in die veebedryf om jou program op datum te hou met die nuutste navorsing.
Volledige administrasie
Hanteer alle kudde-administrasie op plaasvlak. Vanaf dekkings, geboortes, prestasietoetsing, aankope, verkope en gereelde wegings. StoetMeester druk alle amptelike verslae.
Elektroniese koppeling
StoetMeester koppel reeds elektronies t.o.v. geboortes en keurings met die Vleismerino en Dohne Merino telersgenootskappe. StoetMeester koppel verder elektronies aan die Vagtoetssentrum m.b.t. wolprestasietoetsing.
Uitgebreide seleksieprogram
Omdat geen teler dieselfde teelbeleid het nie, maak StoetMeester voorsiening dat jy jou teelbeleid kan toepas, deur middel van ons kragtige seleksieprogram. Jy stel self eie verslae en seleksieparameters op en die program soek die diere daarvolgens uit. Jy kan dus jou eie stempel afdruk op die program.
Prestasietoetsing
Nie-amptelike berekening van 42, 100, 205, 270, 365 en 540 dae en fase d prestasiesyfers word bereken.
Suid-Afrikaans
Ontwikkel in Afrikaans vir Suid-Afrikaanse toestande. Onderhoud of herstelwerk op die program word dus vinnig en doeltreffend in ons land gedoen, waar ons die vinger op die pols hou vir die nuutste navorsing. Jy bly op hoogte.
Opgraderingsbeleid
StoetMeester sou nie naasteby die program gewees het wat dit is, as dit nie was vir gebruikersterugvoer nie. Ons het altyd ‘n waarderende, geduldige oor as jy vir ons voorstelle maak om die program te verbeter.
Betroubaar
Meer as 500 programme word reeds in Suid-Afrika en ander Afrika lande gebruik. Jy koop dus ‘n beproefde program en is nie self ‘n proefkonyn nie. Jou data word met sorg hanteer. 10 Jaar se ondervinding werk vir jou!
Bokant
vereistes
Rekenaarvereistes
Enige rekenaar met 'n sentrale 80386 of groter verwerker
asook die MS-DOS weergawe 3.3 of later bedryfstelsel. Hardeskyfspasie van
ten minste 10Mb (10 miljoen karakters).
Die program word tans suksesvol gebruik op alle weergawes
van Windows naamlik weergawes 3.1, 95, 98, 98 Second Edition, ME, NT, 2000
en XP.
Tot en met weergawe 1.4e van StoetMeester moes die drukker
DOS versoenbaar wees. 'n Nuwer generasie drukkers wat bekend staan as
"Windows only" kon nie met StoetMeester weergawes tot weergawe 1.4e
gebruik word nie. Vanaf weergawe 1.4f is 'n nuwe funksie in StoetMeester
beskikbaar waarmee drukwerk eers in die Wordpad program in Windows vertoon
word, waarna dit na enige drukker gedruk kan word.
Bokant
Amptelik
Ondersteuningsbeleid
Die aanvanklike aankoopprys van die program sluit 12
maande telefoniese ondersteuning in, tot 'n maksimum van 3 ure, vanaf
datum van aankoop. U sal verder alle programopgraderings ontvang wat
gedurende die twaalf maande na aankoop vrygestel word. Nadat hierdie
aanvanklike 12 maande periode na aankoop verstryk het, is twee
moontlikhede beskikbaar:
1. Jaarlikse lisensie- en diensooreenkoms.
Telefoniese ondersteuning word voorsien vir die twaalf maande tydperk
waarvoor die ooreenkoms aangegaan is, asook enige programopgraderings in
hierdie tydperk. Telefoniese ondersteuning word beperk tot 'n maksimum
van 3 ure. Die koste van hierdie jaarlikse diensooreenkoms beloop tans R870.00
* en varieer gewoonlik tussen 18 en 25 persent van 'n nuwe program se
aankoopprys.
2. Betaal op aanvraag. U betaal vir ondersteuning
soos u dit benodig asook vir enige programopgraderings. Die koste van
telefoniese ondersteuning beloop tans R360.00
* per uur. Hierdie tarief word verhaal in 10 minute periodes met 'n
minimum koste betaalbaar vir een 10 minute periode. Hierdie fooie is
slegs per kredietkaart betaalbaar. Die koste van opgraderings word eers
bepaal met die vrystelling daarvan.
* Prys(e) sluit BTW in teen
14%
en pryse kan sonder voorafkennisgewing verander.
Bokant
Koste
Koste
Suid-Afrika
Aanvanklike aankoop: R2495.00
*. Prys sluit 12 maande telefoniese ondersteuning in tot 'n maksimum van
3 ure asook alle programopgraderings wat vrygestel word in die twaalf
maande na aankoop. 'n 30 dae geldterug waarborg gee aan u die nodige
gemoedsrus.
Jaarlikse lisensie- en diensooreenkoms: R870.00
* waarvoor u twaalf maande telefoniese ondersteuning ontvang tot 'n
maksimum van 3 ure, asook alle programopgraderings wat gedurende die
ooreenkomstydperk vrygestel word.
* Prys(e) sluit BTW in teen
14%
en pryse kan sonder voorafkennisgewing verander.
Namibië
Aanvanklike aankoop: R2185.00
plus alle belastings ter sprake in Namibië. Prys sluit 12 maande
telefoniese ondersteuning in tot 'n maksimum van 3 ure asook alle
programopgraderings wat vrygestel word in die twaalf maande na aankoop.
'n 30 dae geldterug waarborg gee aan u die nodige gemoedsrus.
Jaarlikse lisensie- en diensooreenkoms: R870.00
waarvoor u twaalf maande telefoniese ondersteuning ontvang tot 'n
maksimum van 3 ure, asook alle programopgraderings wat gedurende die
ooreenkomstydperk vrygestel word.
Alle ander lande
'n
Bedrag gelykstaande aan US$195.00
. Stuur epos aan info@studmaster.com
vir meer inligting asook ons bankbesonderhede.
Boontoe |